Oos-Kaapse inisiasie: 30 dood, 80 gehospitaliseer

Die Oos-Kaapse Huis van Tradisionele Leiers het sy kommer uitgespreek oor die toename in sterftes by inisiasieskole in die provinsie. Minstens 30 jong mans is dood en nog 80 in die hospitaal opgeneem tydens die tradisionele inisiasieseisoen in die Oos-Kaap. ‘n Woordvoerder van die Huis van Tradisionele Leiers, Nkosi Langa Mavuso, sê die regering moet die nodige voorsorgmaatreëls tref om verdere sterftes te voorkom: