Oos-Europa: Minimum impak op plaaslike handel

Simonis Storm sê die konflik in Oos-Europa sal nie ‘n wesenlike uitwerking op Namibië se handels- en lopende rekeningsaldo’s, sowel as op SACU-inkomste, hê nie. Namibië se top-invoerprodukte uit Rusland het die afgelope paar jaar koring, ammoniumnitraat, bevrore hoender en bevrore sardientjies ingesluit. Namibië se vernaamste uitvoere na Rusland die afgelope jare was oesters, vars druiwe, versamelaarsitems, bevrore krappe en dadels. Die handel beslaan ongeveer 1 persent van Namibië se totale syfers. Handel tussen SACU en beide Oekraïne en Rusland saam is minder as 2 persent van die totale SACU-handel. Slegs in die mate dat hoër globale oliepryse tot resessies in Namibië se vernaamste handelsvennote lei, sal Namibiê ‘n negatiewe impak op handelsyfers en SACU-inkomste sien. Aangesien resessierisiko’s in ontwikkelde markte toegeneem het, sien ons dit wel as ‘n afwaartse risiko vir Namibiese handel in die komende maande.