Oos Europa – dit gaan nie net oor Navo nie

Die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky sê hy moet dringend met sy Russiese ampsgenoot Vladimir Putin vergader. Internasionale nuusagentskappe berig dat hy gesê het Kiëf is oop om sy aansoek vir Navo-lidmaatskap te laat vaar. Dit het die hoop laat ontstaan dat daar moontlik ‘n einde aan die oorlog kan kom maar, volgens die Suid-Afrikaanse politieke analis professor Dirk Kotze, is Navo-lidmaatskap nie die enigste kwessie nie…