Oos-Europa: Daar klim kunsmis ook

Die hoofekonoom van die Landbou-sakekamer van Suid-Afrika, Wandile Sihlobo, sê sanksies weens die Russies-Oekraïense konflik sal reeds hoë kunsmis-pryse onder nog groter druk plaas. Hy sê hy is veral bekommerd oor wintergewasse soos koring, gars, canola, en hawer. Dié gewasse word einde April geplant. Boere en landbou-ondernemings wat nie reeds genoeg voorraad het nie, kan ‘n prysskok te wagte wees. Volgens die plaaslike landbou-navorser, Wallie Roux, sal dit Namibiese produsente ook raak.