Oorwinningsdag: Putin sal skare toespreek
Rusland sê President Vladimir Putin se toespraak vandag tydens die Oorwinningsdagparade sal voortgaan ten spyte van sekuriteitsvrese ná verlede week se hommeltuigaanval op die Kremlin. Die jaarlikse vakansiedag wat op 9 Mei herdenk word, is ingestel om die Sowjet-Unie se oorwinning oor Nazi-Duitsland in die Tweede Wêreldoorlog te herdenk. Meer as 20 stede reg oor die land het hulle parades afgestel uit vrees vir Oekraïnse hommeltuigaanvalle. Dit sluit stede in wat duisende kilometers van die frontlinie af is. Volgens internasionale media sal Putin na verwagting geskiedkundige ooreenkomste tref tussen die twee oorloë en Oekraïne uitbeeld as Nazi-Duitsland se opvolger.