Oorstromings sluit Tuinroete-nasionale park ruskamp, staproetes

Swaar reën het oorstromings by die Wildernis-gedeelte van die Ebb and Flow-kampeerplek in die Tuinroete-nasionale park veroorsaak. Meer as 200 millimeter reën het binne ses uur geval en ‘n spring-hooggety het die Touwriviermonding in die see laat oorloop. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke het kampeerders na Forest Cabins ontruim. SANparks sê die Ebb and Flow-ruskamp en staproetes is gesluit en opruimingsoperasies is aan die gang. Die park word ook deur kragonderbrekings geraak en pogings word aangewend om dit te herstel.