Oorstromings, ontploffing veroorsaak noodtoestand in Seychelles

‘n Noodtoestand is in die Seychelles aangekondig vir vandag. ‘n Reuse-ontploffing het by die CCCL-aanleg in die Providence Industriële Gebied plaasgevind. CCCL is ‘n siviele ingenieurs- en konstruksiemaatskappy in die land en het by die aanleg plofstof geberg. Die voorval, gepaard met swaar reënval en oorstromings, het groot skade in die gebied aangerig. Owerhede sê mense moet vandag tuis bly en skole is ook gesluit. Reisigers en nooddienste personeel is die enigste mense wat vandag mag rondbeweeg. Die publiek word gemaan om hulle samewerking te gee.