Oorsprong van cholera moet bepaal word

Die hoof van aansteeklike siektes by die Departement Interne Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria, Veronica Ueckermann, sê dit is belangrik om die bron van die cholera-uitbreking in die land dringend te identifiseer. Die nasionale gesondheidsdepartement het bevestig die dodetal van die uitbreking het tot 26 gestyg, met Hammanskraal, noord van Pretoria, die gebied wat die swaarste getref is. Die siekte versprei gewoonlik deur besmette water en word geassosieer met swak water- en sanitasietoestande. Ueckermann sê, besmette kos kan ook ‘n bron van cholera wees.