Oorskot-vonds op Aminius het geen leidrade nie

Die polisie in die Omaheke-streek sê ‘n boer naby Springwater by Aminuis het ‘n menslike kopbeen in die veld gevind. Volgens die mag is daar geen onderkaak nie maar sewe verskillende bene is ook in die gebied gevind, saam met ‘n ou swart kortbroek, ‘n blou t-hemp en grootte-vier skoene sonder veters. Die veters is in ‘n boom gevind waar hulle gehang het. Die polisie sê daar is geen saak van ‘n vermiste persoon by Aminius nie en ‘n ondersoek is gelas.