Oorskot by Keniaanse sekte meeste van kinders

Kinders maak die grootste deel uit van die 109 liggame wat tot dusver in massagrafte gevind is wat verband hou met ‘n sekte in Kenia. Volgelinge van die Good News International Church naby die kusdorpie Malindi het glo geglo dat hulle hemel toe sou gaan as hulle hulself verhonger. Owerhede sê daar is ook meer vroue as mans onder die dooies. Voorlopige verslae toon dat vie almal dood is aan honger nie en dat daar ook beserings op van die liggame opgemerk is. Nadoodse ondersoeke sal Maandag begin.