Oorsigbesoek aan die Kunene-streek

Die Nasionale Vergadering se Staande Komitee oor Natuurlike Hulpbronne het in sy strewe om sy toesigfunksie te verbeter, besluit om vier sub-komitees op die been te bring wat sal fokus op programme en bedrywighede van ministeries onder sy mandaat, wat die omgewingsministerie, visserye, myne en energie en landbou insluit. Die subkomitee vir die omgewing sal van 28 Januarie tot 4 Februarie sy oorsigfunksie in die Kunene-streek uitvoer. Kosmos 94.1 Nuus het met die waarnemende skakelbeampte by die parlement, Rafael Hangula, gesels oor die besoek.