Oorsaak van ontploffing nog nie bevestig

Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het verskeie media-aansprake weerlê dat Woensdag se ontploffing in die middestad van Johannesburg deur ‘n lekkasie veroorsaak is. Hy het herhaal die oorsaak bly onbekend en word steeds ondersoek. Lesufi het aan die media gesê verskeie owerhede is aan boord gebring om die oorsaak te bepaal.