Oorsaak van kullery in skole moet aangespreek word

Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta het die Departement van Basiese Onderwys gevra om dit te oorweeg om sy appèlaansoek terug te trek teen leerders wat ‘n hofsaak gewen het nadat hulle in 2022 gekul het. Hy sê die departement moet sonder ‘n strafbenadering eerder herstellende maatreëls instel om die hoofoorsake van bedrog uit te skakel. Makaneta sê belegging in hulpbronne om leerders te ondersteun, die verbetering van onderwysersopleiding en die verbetering van eksamenprosesse is deurslaggewende stappe om toekomstige voorvalle te voorkom.