Oorplaatjies tans uitverkoop

Die Lewende Hawe en Lewende Hawe Produkte-raad het aangekondig dat oorplaatjies tans uitverkoop is. Die raad sê die aankoop van oorplaatjies het ongekende hoogtes bereik en drie maande se voorraad is binne ‘n maand uitverkoop. Die volgende besending, wat reeds ‘n maand gelede bestel is, is nou na lugvrag verskuif en sal in die week van 4 Maart in die land aankom.