Oorlopery is bewys dat politici nie wil dien nie

Die aktivis Michael Amushelelo het hom weer by die Namibia Economic Freedom Fighters aangesluit na hy oorgeloop het van die Landless People’s Movement, waarby hy op 11 Julie vanjaar aangesluit het. Amushelelo, voorheen ook ‘n lid van die Landless People’s Movement, het die NEFF verlaat toe die party deur die Verkiesingskommissie gederegistreer is. Die party is onlangs herregistreer na ‘n hof-aansoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met politieke ontleder dr. Marius Kudumo, wat sê sulke rondvallery dui op ‘n soeke na persoonlike gewin.

Volgens Lifalaza Simataa, LPM-woordvoerder, het Amushelelo geen formele bedanking in enige vorm aangebied nie. Die party aanvaar egter ten volle sy bedanking en beskou hom nie meer as ’n lid nie.