Oorlog sal langer duur omdat wapenverskaffing vertraag is
Die voormalige adjunk-geallieerde bevelvoerder van Navo, sir Richard Shirreff het met Sky News in Brittanje gesels oor die Oekraïnse President Volodymyr Zelensky se besoek aan verskeie Europese lande. Shirreff sê dit is goeie nuus dat talle Europese lande wapentuig belowe het maar, sê die oorlog kan gevolglik vir jare voortduur.