Oorlog briewe na 265 jaar ontdek

Persoonlike briewe wat 265 jaar gelede deur Brittanje se Koninklike Vloot gekonfiskeer is voordat dit Franse matrose kon bereik tydens die Sewejarige Oorlog, is vir die eerste keer gelees.

Geskryf tussen 1757 en 1758, was die billet-doux, of liefdesbriewe, bedoel vir die bemanning aan boord van die Galatee, ‘n Franse oorlogskip wat deur die Britte gevang is.

Die vrouens, verloofdes, broers en susters en ouers wat die briewe geskryf het, het nie geweet die skip is gevange geneem toe hulle dit na die Franse posadministrasie gestuur het vir aflewering nie.

Toe die koeriers verneem die skip is gevange geneem, het hulle die briewe na Engeland aangestuur, waar dit aan die admiraliteit in Londen gegee en in stoor gelaat is.

Die akademikus wat die 104 briewe van die Nasionale Argief in Kew ontdek het, sê dit is hartseer hoe naby die briewe naby hul geliefdes gekom het.

Foto: University of Cambridge