Oorgrensreis met kinders – daar is spesifieke reëls

Ouers van Namibiese kinders wat alleen oor die grens met die kinders reis, benodig die skriftelike toestemming van die ander ouer. ’n Polisieverklaring moet deur die afwesige ouer verskaf word met al die nodige besonderhede, asook ’n afskrif van die kind se geboortesertifikaat en afskrifte van beide ouers se ID-dokumente. Die afskrifte moet gesertifiseer wees. Die adjunkminister van binnelandse sake, Lucia Witbooi, sê sonder daardie dokumente kan geen kind oor die grens reis nie.