Oorgrens-weiding, bek- en klouseer en die rooilyn… kenner sê

Die adjunk-eerste minister en buitelandse sake-minister, Netumbo Nandi-Ndaitwah, stel voor dat bilaterale instrumente en ooreenkomste tussen Namibië en Angola oor grensverwante aangeleenthede operasioneel gemaak word. Sy het gepraat by ‘n vergadering met die Angolese buitelandse betrekkinge-minister, Tete Antonio, in Helao Nafidi in die Ohangwena-streek. Dit kom nadat Namibiese boere wat toegelaat word om hul vee oorgrens te laat wei, Angolese wette oortree het. Oorgrens-weiding is ‘n eeu-oue praktyk wat ook bek- en klousiekte uitbrekings veroorsaak en wat die bestaan van die rooilyn noodsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met die bekende Suid-Afrikaanse landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat, wat sê Namibië moet sy grense beveilig en die rooilyn moet eintlik noordwaarts verskuif word.