Oorbenutting van Mopane: Houtskoolvereniging reageer
Die direkteur van bosbou, Johnson Ndokosho, het onlangs houtskool-produsente streng gewaarsku dat boom-oes permitte nie hernu sal word vir plase wat oeskwotas oorskrei nie. Sowat 110 plase in die Otjozondjupa- en Kunene-streke is vroeër vanjaar besoek, waarna ‘n verbod op produksie in Mei ingestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Michael Degé, die bestuurder van die Namibië Houtskoolvereniging, wat sê meeste van die produsente het hulle permitte teruggekry.