Oor en weer skietery duur voort in Midde-Ooste 

Hezbollah het Maandag vuurpyle afgevuur op Israel se derde grootste stad, Haifa, terwyl Israeliese magte gereed gelyk het om grondaanvalle na Suid-Libanon uit te brei. Iran-gesteunde Hezbollah sê dat dit ‘n militêre basis suid van Haifa met Fadi 1-missiele geteiken het en nog ‘n aanval op Tiberias, 65km verder, van stapel gestuur het. Israel se weermag sê sowat 135 projektiele het Maandag vanaf vyf-uur namiddag Israeliese grondgebied binnegedring. Israel se weermag sê dat die lugmag uitgebreide bombardemente op Hezbollah-teikens in Suid-Libanon uitvoer, en dat twee Israeliese soldate in grensgebiedgevegte dood is. Dit bring die militêre dodetal binne Libanon tot dusver op 11 te staan.