Onwettige visvangers vang in die nag, dra wapens

Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi- en Okavango-streke is ‘n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het verskeie waarskuwings uitgereik teen onwettige visvang deur beide buitelanders en Namibiërs. Die vissermanne vang nou snags met nette vis en die regering het nie die vermoë om die misdaad te bekamp nie. Vissermanne is ook gewapen en word al hoe gevaarliker. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier, wat sê die situasie het nie verander nie en nette is oral beskikbaar.