Onwettige visvang duur voort, vissermanne is gewapen

Onwettige visvang in die noordoostelike riviere van die Zambezi en Okavango is ‘n groot uitdaging. Die Namibiese polisie in die Zambezi-streek het ‘n streng waarskuwing uitgereik teen onwettige visvang deur beide buitelanders en Namibiërs. Die vissers vang nou in die nag vis met nette en die regering het nie die vermoë om die misdaad te bekamp nie. Vissers is ook gewapen en word al hoe gevaarliker. Kosmos 94.1 Nuus het met Mark Paxton van Shamvura-kamp by die Okavangorivier gepraat, wat sê die koop van nette, heel moontlik van China af, moet stopgesit word.