‘Onwettige’ vissermanne vra vir borg 

Die drie mans wat van onwettige visvang aangekla word, sal môre in die Walvisbaai-landdroshof hoor of hulle borg kry of nie. Die drie, die kaptein, Rodrigues Jose, hoofingenieur Charl le Corre, en Angolese bemanningslid Mateus Ambrosio, is op 19 Desember op die Angolese MFV Lucimar, deur die Nathaniel Maxuilili-patrollievaartuig onderskep in Namibiese waters naby die Angolese grens. Daar was ‘n totaal van 19 bemanningslede aan boord, bestaande uit 15 Angolese burgers, twee Senegalese burgers, een Suid-Afrikaner en een Portugese burger. Tydens die formele borgaansoek is daar beaam dat hulle per ongeluk Namibiese waters betree het maar, kaptein Jose het gepoog om weg te kom toe die Namibiese patrollievaartuig hulle gewaar. Die saak is tot 8 Februarie uitgestel.