Onwettige kragverbindings in die nuus

Na foto’s aan die lig gekom het van wat voorkom as ‘n onwettige kragverbinding op Okahandja, het Kosmos 94.1 Nuus dit aan Cenored se woordvoerder Charlie Matengu gerapporteer. Die foto’s toon ‘n kragkabel van ‘n Cenored kragpunt wat deur waterpype deur ‘n muur gevoer is en deur die venster met die huis verbind is. Volgens Matengu word daar soms tydelike verbindings bogronds gedoen. Na hy die foto’s ontvang het, het hy onderneem om onmiddellik ondersoek in te stel, omdat die verbinding uiters verdag voorgekom het, maar Matengu het bevestig dat die kabels nie onwettig is nie.