Onwettige heinings in twee Noorde-streke verwyder

Die Namibiese landbouministerie het onwettige heinings van 72,3 kilometer in die streke van Kavango-Wes en Ohangwena verwyder. Onwettige heinings is ‘n groot kommer in noordelike kommunale gebiede. Die ministerie het 50 lede van die Nasionale Jeugdiens gehuur om die heinings te verwyder. Agt heinings is in Kavango-Wes verwyder en een in Ohangwena. Die streke met die meeste onwettige heinings is Omusati, Ohangwena, Kavango-Oos en –Wes, Otjozundjpa en Omaheke. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko het met Kosmos 94.1 nuus gepraat…