Onwettige handel in kwik, aangespreek

Indonesië het onwettige handel in kwik die stryd aangesê. Die besluit is geneem tydens die Minamata-konvensie oor Kwik by die vierde Vergadering van Partye. Die doelwit is om die onwettige handel in kwik hok te slaan en aandag aan die gesondheidsimpak daarvan te gee. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê kwik stel steeds die mens en die planeet se gesondheid in gevaar. Die organisasie sê verder ongebore babas wie se ma hoë kwikvlakke in hul bloed het, loop veral gevaar. Simptome sluit in slapeloosheid, geheueverlies, hoofpyne, swak spiere, en in uiterste gevalle kan ‘n mens sterf.