Onwettige finansiële uitvloei: Venaani sê die kwessie moet ondersoek word

Die president van die PDM-party, McHenry Venaani, het met die Verenigde Nasies se ondersekretaris-generaal en spesiale adviseur oor Afrika, Christina Duarte, vergader. Hy sê ‘n magdom kwessies het onder die loep gekom, insluitend onwettige finansiële uitvloei vanuit Namibië. Dit is nie bekend hoeveel Namibië jaarliks met die onwettige transaksies verloor nie en volgens Venaani is dit ‘n kwessie wat aandag moet kry.