Ontwikkelingsbeleid moet hersien word: arbeidskenner

Volgens arbeidskenner Herbert Jauch, het die Namibiese regering die neo-liberalistiese benadering gevolg deur alles na die mark te oriënteer, wat ongelykheid en ongelyke verspreiding van hulpbronne bevorder. Jauch het verwys na Recon Africa se eksplorasiewerk en sê dat die gemeenskap nie ten volle by sekere ekonomiese aktiwiteite baat nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jauch gesels, wat sê Namibië moet sy ontwikkelingsplan hersien.