Ontwikkelende lande sal swaar trek vanjaar: Wêreldbank

Die Wêreldbank se Globale Ekonomiese Vooruitsigte toon ‘n derde agtereenvolgende jaar van verlangsaming in globale groei, met 2,4 persent vanjaar teen die 2,6 persent van verlede jaar. Die verslag onderskryf die behoefte dat ontwikkelende lande ʼn aansienlike styging in beleggings moet bekom, jaarliks ongeveer 44 000 miljard Namibiese dollar, om aan die klimaatsdoelwitte van 2030 te voldoen. Die verslag sê groei wat afneem, trae globale handel en stram finansiële toestande sal ontwikkelende lande benadeel.