Ontwikkelde lande moet betaal vir omgewingskade

Omgewingsake-minister Pohamba Shifeta het sonder voorbehoud verklaar dat diegene wat klimaatskade veroorsaak, Namibië en ander ontwikkelende lande moet betaal vir die skade wat aangerig is, veral in terme van versagtingsaksies. Hy het gepraat by die Hoëvlak Ministeriële Rondetafel oor pre-2030 Ambisies by COP29 in Azerbeijang. Hy sê ontwikkelende lande benodig tegnologie-oordrag, kapasiteitsbou en klimaat-finansiële hulpbronne om klimaatsverandering te hanteer of daarby aan te pas. Hy sê daar kan nie sinvolle klimaataksie wees sonder die voorsiening van voldoende finansiële hulpbronne soos uiteengesit in die VN se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering en die Parys-ooreenkoms nie. Die broodnodige ondersteuning moet dringend opgeskaal word sodat die doelwit van die Parys-ooreenkoms bereik kan word.