Onttrekking uit Afghanistan was katastrofe met nul aanspreeklikheid

‘n Gewese Amerikaanse seesoldaat het die onttrekking uit Afghanistan in 2021 as ‘n katatrofe beskryf en sê daar was onverskoonbare nalatigheid en ‘n  gebrek aan aanspreeklikheid. Tyler Vargas-Andrews was deel van die Amerikaanse militêre personeel wat opdrag gehad het om Kabul se lughawe te beskerm toe twee selfmoordbomdraers die skares aanval het  wat probeer het om die Taliban tydens die Amerikaanse ontruiming te ontvlug. Dertien Amerikaanse soldate en 170 Afghaanse burgerlikes het in die aanval gesterf. In sy getuienis voor die Kongres het Vargas-Andrews gesê hulle het die bomdraer in die skare opgemerk, maar het opdrag gekry om nie te skiet nie: