Ontsouting, Okavango-rivier uiteindelik fokus van watervoorsiening

Plaaslike berigte lui dat die Namibiese regering ‘n lewensvatbaarheidstudie vir ontsouting van water vir die Noorde goedgekeur het. Die kabinet het die ja-woord gegee. Die befondsing vir die studie sal deur die Afrika Ontwikkelingsbank gedoen word. Die kabinet het ook uiteindelik oorweging gegee aan die Okavango-rivier se skakel met die Karst-stelsel sowel as ontsouting om die chroniese watertekorte aan te spreek. Kenners meen al jare dat dit die twee opsies is water watervoorsiening vir die land sal verseker.