Ontruimingsbevele ontheem tot 1,9m mense in Gaza

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê nuwe ontruimingsbevele in Gaza het tot die grootste verplasings sedert Oktober gelei. Ontruimingsbevele wat die Israelse Weermag in Junie en vroeër vandeesmaand uitgereik het, het die getal mense wat in Gaza ontwortel is van 1,7-miljoen tot 1,9-miljoen opgestoot. Die voedselprogram het hierdie maand meer as 600 000 mense in Gaza van kos voorsien. Die VN-agentskap sê die ontruimingsbevele het veroorsaak dat baie verspreidingspunte sluit en hy vra veilige en volgehoue toegang.