Ontruiming in Mariupol is vertraag
Pogings om meer burgerlikes uit die Oekraïnse hawestad Mariupol te ontruim, het op vertragings uitgeloop en honderde mense is steeds vasgevang in die Azovstal-staalwerke. Dit is nie duidelik wat die oponthoud veroorsaak het nie. Die lot van burgerlikes wat in Mariupol vasgekeer is wek groot kommer omdat Russiese magte die stad steeds aanval. Duisende is vermoedelik dood en diegene wat steeds in die beleërde Azovstal-kompleks vasgekeer is se water, kos en medisyne het volgens berigte opgeraak. Dit is nie bekend hoeveel burgerlikes nog daar skuil nie maar ongeveer 120 is oor die naweek ontruim.