Ontploffing ruk hotel in Havana
‘n Groot ontploffing het ‘n bekende hotel in Havana in Kuba geruk en verskeie verdiepings het ineengestort. Minstens vier mense is dood, berig plaaslike media en ooggetuies. President Miguel Diaz-Canel het op die toneel gesê die ramp by die Saratoga-hotel was nie weens ‘n bom nie en ‘n gaslekkasie is die waarskynlikste oorsaak. Verskeie mense is beseer.