Ontploffing by hidro-elektriese kragaanleg eis drie lewens
Reddingswerkers in Italiё glo hulle sal nie nog oorlewendes vind nie na gister se ontploffing by ‘n hidro-elektriese kragaanleg naby Bologna in die noorde van die land. Drie liggame is gevind na die onderwater-ontploffing op die kunsmatige meer, Suviana, terwyl vyf mense ernstig beseer is. BBC News berig ‘n brand het oёnskynlik uitgebreek nadat ‘n turbine ontplof het op die agste vlak onder die oppervlak. Volgens die polisie sal ‘n ondersoek na die oorsaak van die ongeluk begin sodra die aanleg veilig verklaar is.