Ontluikende markte bewe na Trump se terugkeer

Ontluikende markte het gewankel met Donald Trump wat tot Amerikaanse president verkies is. Sy terugkeer na die Withuis het geldeenhede en aandele ontsenu, insluitend die Meksikaanse peso wat met 3,3-persent teruggesak het terwyl Die Hang Seng-indeks in Hongkong meer as 2-persent verloor het. Volgens News24 bedreig Trump se beleid van Amerika Eerste, insluitend tariewe en strenger handelsvoorwaardes, ontluikende ekonomieë. Ontleders maan oor ʼn sterker dollar, hoёr opbrengste vir Amerikaanse staatseffekte en ekonomiese druk vir uitvoergedrewe markte in Asië, Latyns-Amerika en Europa.