Ontleder sê Ace se politieke loopbaan is verby

Die politieke ontleder Dirk Kotze sê die ANC se besluit om sy gewese sekretaris-generaal, Ace Magashule, uit die party te skop, beteken waarskynlik die einde van Magashule se politieke loopbaan. Sy skorsing uit die party volg nadat hy nie die spertyd gehaal het om die party se Nasionale Tugkomitee se bevindings teen hom teen te staan nie. Die komitee het Magashule skuldig bevind aan die oortreding van ANC-reëls en die party se grondwet weens sy eensydige besluit in 2021 om President Cyril Ramaphosa te skors. Kotze sê selfs al sou Magashule sy eie party stig, sal hy polities onbeduidend bly: