Ontleder ruik ‘n rot met Cyril se Phala Phala-kwytskelding
Die EFF verwerp die bevinding van die Openbare Beskermer Kholeka Gcaleka dat President Cyril Ramaphosa niks verkeerd gedoen het in verband met die Phala Phala skandaal nie. Sy sê Ramphosa het geensins oneties opgetree nie. Die diefstal van buitelandse valuta op sy plaas, wat in meubels versteek was, het groot opslae gemaak, ook plaaslik, omdat Namibiese burgers betrokke was. Professor Andre Duvenhage, ‘n deurwinterde politieke ontleder in die buurland, sê hy ruik êrens ‘n rot.