Onthou van die belasting-amnestieprogram: NamRA

Namibiërs word herinner aan die Namibië Inkomste-agentskap se belasting-amnestieprogram, wat op 31 Oktober verstryk. Die agentskap het reeds ‘n netto bedrag van 56,9 miljard Namibiese dollar ingesamel, oftewel 80 persent van die totale inkomsteteiken vir die 2023/2024-boekjaar. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en die nasie daaraan herinner.