Onthou om vragbelasting te betaal, sê Namra
Die Namibiese Inkomste-agentskap het belastingbetalers wat vir die betaling van vragbelasting aanspreeklik is, daaraan herinner dat hulle dit betyds moet verklaar en betaal. Die belasting word gehef op inkomste wat verkry word deur nie-inwonende eienaars of huurders van skepe of vliegtuie wat passasiers, pos, lewende hawe of goedere in die land aflaai. Die belasting word bereken op 10% van die bruto inkomste uit sulke vragdienste. Die belasting is betaalbaar voor die vertrek van skepe en vliegtuie, tensy hulle ‘n erkende agent in die land het. Die sluitingsdatum vir betalings is 1 Desember 2023.