Onthou jy nog die vier-dag-week? Hier’s die jongste

Namibië het omtrent gegons toe ‘n vier-dag-werksweek eksperiment aangekondig is. Voorstanders voer aan dit kan lei tot verhoogde werknemertevredenheid, verbeterde werk-lewe-balans en verhoogde produktiwiteit. Die vierdaagse werkweek is plaaslik begin beproef in April vanjaar, met deelname van verskillende nywerhede en besighede. Kosmos 94.1 Nuus het by Jonas Ileka van Pulse HR, wat die veldtog bestuur, die nuutste gaan uitvind.