Onthemingskrisis ontvou in Libanon

Die Verenigde Nasies se Kantoor vir Gekoördineerde Humanitêre Sake waarsku die Israelse weermag se voortgesette militêre optrede en gedwonge ontruiming in Libanon veroorsaak ontheming. Die internasionale organisasie vir migrasie sê sedert drie Oktober is 541 527 mense in Libanon intern verplaas. Meer as 163 000 mense woon in sowat 890 skuilings. Intussen het 284 894 mense sedert 23 September uit Libanon gevlug.