‘Ontbind Johannesburg se stadsraad’
Die DA in Johannesburg sê volgens die reëls van die stadsraad beteken die vertrek van Colleen Makhubele uit COPE dat sy nie meer ‘n raadslid volgens proporsionele verteenwoordiging is nie en ook nie die speaker van die raad nie. Volgens die party is politieke onstabiliteit in Johannesburg die norm en onder Makhubele se leierskap het die raadsaal in ‘n sirkus verander. Volgens DA-woordvoerder, Belinda Kayser-Echeozonjoku, is haar vertrek uit COPE en die Raad die simptoom van ‘n siekte wat net een kuur het, naamlik die ontbinding van die raad van Johannesburg: