Ons weet van GBV, ons weet nie hoe om dit op te los nie

Daar is genoeg bewustheid van geslagsgeweld maar die probleem is dat daar is nie genoeg kennis is oor hoe om die probleem op te los nie. In die afgelope sogenaamde 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld wat op 25 November begin het en Sondag tot ‘n einde gekom het, is 15 verkragtings aangemeld met vyf moorde waar geslagsgeweld betrokke is, en ‘n saak van geslagsgeweld en aanranding en een babastorting aangemeld. Ethne Mudge, van Sister Namibia, sê die uitdaging lê nie in bewustheid nie… dit handel oor menswees.