Ons weer is ook vreemd – daar word môre reën voorspel

Dat weerpatrone vreemd voorkom regoor die wêreld is ‘n feit soos ‘n koei maar, nou sê die Namibiese weerkantoor dat daar voorspellings vir reën is môre. Volgens weerman Richard Nashikaku sal die Karas- en Hardap-streke geraak word sowel as dele van Erongo en Khomas.