Ons stuur af op ‘n huishoudelike voedselramp – kenner

Die prys van tamaties is plaaslik weer deur die dak met ‘n gemiddeld van 48 Namibiese dollar vir ‘n kilogramsakkie. Daar was vroeër plaaslik uitdagings en in Maart was die blaarmot ook ‘n probleem. Maar, aartappels word ook duurder. Kosmos 94.1 Nuus het met die deurwinterde landbou-ekonoom dr. Kobus Laubscher gepraat.

Laubscher sê ons stuur af op ‘n ramp in terme van huishoudelike voedselsekerheid.