Ons soek nie ‘n koue oorlog met China nie – Biden

Die Amerikaanse President Joe Biden sê hulle soek nie ‘n koue oorlog met China nie. Hy sê egter hy sal nie verskoning maak vir die afskiet van die beweerde Chinese spioenasieballon langs die kus van Amerika nie. Biden het erken dis onwaarskynlik is dat drie ander voorwerpe wat oor Noord-Amerika afgeskiet is, spioenasietuie was. Hy sê hulle was heel waarskynlik verbonde aan private maatskappye of navorsinginstansies. China het ontken die ballon is vir waarneming gebruik en sê dit het van koers af gewaai terwyl dit inligting oor weersomstandighede ingesamel het.