Ons moet nog net 1,2% van Aarde bewaar…

Deur ’n bykomende 1,2 persent van die Aarde te bewaar sal die meeste voorspelde plant- en diere-uitwissings voorkom. Volgens ‘n studie in die vaktydskrif Frontiers in Science is die wêreld doelwit 30 persent bewaring teen 2030. Wêreldwye beleidmakers sal in Oktober by ‘n Verenigde Nasies-beraad in Colombia vergader om planne te bespreek om daardie doelwit te bereik. Die studie sê gebiede met die hoogste waarde moet geïdentifiseer word maar beter teikens van watter 30 persent beskerm moet word, moet daargestel word.